Ware gesag word nie afgedwing nie. Maar waar geloofwaardigheid ontbreek maak mense staat op eksterne vorme van mag om hulle gesag kunsmatig op te stut.
Pretensie, leuens, manipulasie, opswepery, dreigemente, vrees…
Dit doen Jesus juis niƩ!
Nuus
Sondag 23 April se gesamentlike diens met CPK Athlone was ‘n hartlike en vreugdevolle viering van ons verbintenis in Christus.
As dit kom by seksualiteit in die kerk is daar vir te lank ‘oor’ mense gepraat. Debatte en liefdelose uitsprake was die modus operandi. Hierdie storie getuig van ‘n ander moontlikheid: om van ‘oor praat’ te beweeg na ‘saampraat’ en egte ontmoetings. Mag dit ons gemeente versterk in ons roeping om ‘n betroubare bondgenoot van LGBTQI+ mense binne en buite die kerk te wees.