Ware gesag word nie afgedwing nie. Maar waar geloofwaardigheid ontbreek maak mense staat op eksterne vorme van mag om hulle gesag kunsmatig op te stut.
Pretensie, leuens, manipulasie, opswepery, dreigemente, vrees…
Dit doen Jesus juis nié!
Preke
Ons lewens is aanmekaar geweef deur getuienisse en geskiedenisse; biografieë; ons volksverhale, sprokies en kampvuurstories…
Die skrywers van die Bybel het die krag en die belang van stories (soos Jona s’n) baie goed verstaan.
In Maria en Elisabeth se ontmoeting, kom ons eintlik die wêreld se eerste Christelike erediens tee. Kan daar ʼn beter posbeskrywing wees vir wat die kerk veronderstel is om te wees?
Paulus bid dat ons harte so aangespreek en aangeraak sal word deur Jesus, dat ons met die oë van God se hart begin sien wat mense nie gewoonlik sien nie…
There are so many beautiful promises in the Bible – of peace, of justice, of healing – that we do not see realised in our lives and in our world.
How do we live with unheard prayers? What do we do with unfulfilled promises? What do we do with dreams deferred?
Esegiël 18 is ‘n herinnering dat ons die versoeking moet weerstaan om onsself te verontskuldig en om wel die verlede in ag te neem, júís sodat ons ‘n beter lewe in die hede en vir die toekomskan skep – ‘n nuwe, ander erfenis.
Die stories wat Jesus vertel het wou mense anders laat kyk na die wêreld. Daarom neem Sy stories dikwels ‘n onverwagse wending. Daar is ‘n kinkel in die storie – iets wat niemand sien kom het nie.
In elke interpretasie van Jesus se kruisdood is daar een ding waarvan ʼn mens nie kan wegkom nie, en dit is die aanstoot wat dit gee, die skandaal daarvan.
Die belangrikste van alles, is dat Jesus hier oor die waarheid praat, nie as ʼn wat, ʼn hoe of ʼn hoekom nie, maar as ʼn WIE…
In die natuur ervaar ons iets van die ritme en orde wat God skep. Hoe kan ons in groter harmonie met God se orde leef, eerder as om ons eie ordes op die wêreld te probeer afdwing?