Wat aangrypend is oor Job se verhaal, is die transformasie wat daar by hom plaasvind. Teen die einde van sy verhaal het hy ‘n heel ander verstaan van God as wat hy aan die begin gehad het.
Koninkrykstyd
God kan nie beperk word deur ons idees oor Wie God is, wat God wil hê, óf wat ons graag wil hê God moet doen nie. God kan nie in ‘n gebou of ‘n definisie vasgevang word nie.
Is dit nie ‘n gevoel waarmee ons almal op een of ander manier kan identifiseer nie? Is dit nie woorde wat vandag nog weerklink nie? “Iéts moet verander. Die huidige sisteme en strukture werk nie. Die planne wat is in plek is faal ons.”
Is dit nie wat digkuns en liedere gemaak is om te doen nie: om ons op reis te neem dieper in onsself en ons geloofservaring? Dit help ons om met ons eie gedagtes, gevoelens en ervarings om te gaan. Dit druk waarhede en emosies uit waarmee ons kan vereenselwig.
Dit is belangrik om te onthou, want wanneer ons onthou – wanneer ons onthou wie God is, wie ons is en wie s’n ons is – kan ons hoop.
Dis asof die skrywer probeer benadruk dat hierdie werk en navolging van Christus nie deur ons eie dade en vanuit eie krag moontlik is nie. Ons het die Drie-enige God se teenwoordigheid, krag en leiding uiters nodig, veral wanneer ons met die moeilike/ongemaklike, maar uiters belangrike werk van versoening besig is.
“Peace is not just the absence of conflict; peace is the creation of an environment where all can flourish regardless of race, color, creed, religion, gender, class, caste or any other social markers of difference.” – Nelson Mandela
Vir Markus is die manier waarop Jesus die dissipels uitstuur gevorm deur sy eie eerstehandse ervaring. Jesus vra hulle nie om enigiets te doen of deur te gaan, wat Hy nie self geoefen het nie. Dit kom vanuit ‘n plek van diep medelye en empatie.
Miskien kan hierdie verhaal ons in hierdie vreemde tyd in die geskiedenis herinner dat God ons hoor wanneer ons roep, en ter selfde tyd vir ons die moed gee om, in gemeenskap met God, voorentoe te gaan.
Om deel van God se koninkryk te wees, wil dit blyk, vra waagmoed.