Dikwels word die wortels van ons geloof geanker in ons ervarings van verwondering en belewenisse van ontnugtering…
Preke
Waarom glo jy? Die eerste boodskap in ‘n reeks van 7 weke waarin ons op reis gaan met temas uit Andries Cilliers se pragtige nuwe boek, “Onder die blaredak: Verwonderd oor die gawe om te kan glo.” Saam gaan ons op soek na die geloofswortels waaruit ‘n mens kan put in tye van so wel verwondering en vetroue as onsekerheid en ontnugtering.
Psalms van Opstanding getuig dat die lewe nie stilstaan nie. Daar is ook beweging en beweegruimte. Daar is verrassings. Soms bring God onvoorsiene genadegawes op ons pad wat alles in ‘n nuwe lig plaas.
“Hoe ons (in die verlede) oor sonde gepraat het en soms steeds praat, is liefdeloos, sonder ‘n aanvoeling vir verhoudings, sonder deernis vir mense…”
“Ek dink altyd aan Paulus as ʼn ontdekkingsreisiger wat op ʼn onbekende en magiese eiland aangekom het. Sy briewe is pogings om taal te vind om ʼn radikaal-nuwe werklikheid te beskryf, ʼn wêreld wat onverwags en anders is…”
Ons is geroep om God se Heerlikheid te weerkaats, maar “Heerlikheid” beteken nie noodwendig wat jy dink nie…
Dors jy ook na lewe, na wysheid, na God?
Jesus het nuwe lewe gebring, lewe in oorvloed, en nooi ons om ons dors te les by die Lewende Waters.
Wanneer ons deur foto albums blaai word ons herinner aan die mense en gebeurtenisse wat ons gevorm het; onthou ons die mense wat langs ons gestaan het in die goeie en die slegte tye of dié wat ons vooraf gegaan het en die weg vir ons gebaan het.
Die eerste verse van hierdie teksgedeelte is vir my byna soos om deur ou foto-albums te blaai. Die skrywer help ons om terug te kyk en om diegene te onthou wat voor ons reeds die spreekwoordelike wedloop voltooi het.
Preek van 19 Februarie 2023; Teks: Matteus 17:1-9; Prediker: Helgard Pretorius
Preek van 22 Januarie 2023; Teks: Matteus 4:12-23; Prediker: Helgard Pretorius