Wanneer die Israeliete hulleself bevind in die ruimte tussen die moeilike tyd wat agter hulle lê en dit waaroor hulle so lank al droom – hulle toekoms, hulle beloofde land – gee God vir hulle die opdrag om ‘n altaar te bou.
Preke
Wat is die angs en verlange wat in jou hart en gedagtes en in jou lyf leef?
Soms is angs belangrik, want dit waarsku ons.
Soms wil ons angs vir ons iets sê oor onsself of oor ‘n situasie.
Maar ons sien ook dat die wat hul vertrou in God plaas, nie verlam word deur hul vrese nie
Miskien ken jy die gevoel aan jou lyf van iets waarna jy lank uitgesien het, maar dan is uiteindelik nie heeltemal is soos wat jy verwag het nie.
Ons verlange na dit wat bekend is, vind soms ‘n manier om ons blind te maak vir die potensiaal wat dit wat voor ons lê inhou.
Vandag is Pinksterfees! Vandag vier ons die uitstorting van die Heilige Gees – die Gees van liefde, van lewe, van krag.
Ons vier die realiteit, die wete, en die geloof, dat die Gees van God – die lewegewende, skeppende Gees – aan ons geskenk is. Dit is die asem van God. Ons vier dat ons ontvangers is van God se lewenskrag. Ons vier dat God ons bemagtig. Ons vier dat God sy woonplek maak in ons.
Terwyl die wette van Torah mense help om God se wil te volg, rus Jesus se transformerende teenwoordigheid deur die Gees gelowiges toe om Jesus se opdragte te gehoorsaam en ander lief te hê.
Soos meeste van die werk waartoe ons opgeroep word, was werk van die apostels beslis nie sonder uitdagings, struikelblokke, en frustrasies nie.
Handelinge 16 word ingelei met ‘n string spreekwoordelike deure wat toe klap vir Paulus en die Apostels. Miskien is dit ‘n gevoel wat aan jou ook bekend is?
Ons kan onsself goed indink dat Jesus se dissipels, na Sy opstanding, gekonfronteer is met ‘n klomp vrae en worstelinge. Dieselfde vrae waarmee ons ook dikwels gekonfronteer word – nie net in die lig van die opstanding nie, maar ook tydens ons eie krisis tyeWat beteken daardie metafoor vir ons vandag?
In die Bybel vind ons talle metafore wat gebruik word om God – oftewel eienskappe en aspekte van God – te probeer verduidelik. Een wat herhaaldelik voorkom is die van ‘n herder. In Johannes 10 word Jesus spesifiek beskryf as die Goeie Herder wat sy lewe vir sy skape aflê.
Wat beteken daardie metafoor vir ons vandag?
Na die Opstanding verskyn Jesus aan die dissipels en kom staan fisies tussen sy geloofsfamilie. Hy daag op, in ‘n liggaam; in vlees en bloed; verwond en honger. En hy help hulle om te kyk, voel, ervaar en uiteindelik te verstaan.
Die Woord het vlees en bloed geword en in die buurt ingetrek. In Jesus word God beliggaam in ʼn menslike lewe, as een van ons. Hoe beoefen ons hierdie oortuiging?