Warm en vriendelik – hier dans die generasies saam
Sondae om 09:30
Ons eredienste word gekenmerk deur warmte, vriendelikheid en respek. Mense beskryf die styl as klassiek, maar informeel, met ryk simboliek. In ons eredienste dans die generasies saam. Elke diens begin met ‘n speelse kindermoment en ons ouer-kamer maak voorsiening vir ouers met babas en klein kleuters. Na die kindermoment sluit die kinders in die saal aan by KinderKasteel.
Gemeentesang bestaan uit tradisionele gesange, moderne aanbiddingsliedere en Taizé liedgebede wat met passie en met ‘n verskeidenheid instrumente begelei word (hoofsaaklik orrel en klavier, maar ook viool, fluit en kitaar). Prediking is Bybels, kreatief, aktueel en prakties.
Klik hier om toegang te kry tot die preke.