Scroll Top

Jeugkamp | Noordhoek 2022

Ons het 28-30 Oktober ‘n Jeugkamp gehou vir jongmense van Gr.7-12. Die kamp is saam met Blouberg, Drieankerbaai, Ysterplaat en Groote Kerk aangebied by by die NG Kerk kampterrein in Noordhoek. Baie dankie aan Leendert Wijnja wat een van die mentors was, asook Corrie Nel wat verantwoordelik was vir die spyseniering.
Na die kamp het Ds. Marietjie Steyn van Groote Kerk die volgende refleksie gedeel:
Ek was die naweek op ‘n kerkkamp. Saam met tieners… En het ‘n paar gedagtes:
1. Eks moeg. Hulle slaap min.
2. Selfone is nie eintlik meer ‘n thing nie (of was ten minste nie vir die groep)
3. Ek voel so bevoorreg om’ n werk te hê wat my dwing om saam met tieners weg te gaan vir ‘n naweek en gesprekke met hulle te hê wat min ander volwassenes kan hê.
4. Hulle het baie vrae. Veral oor geloof. Geloof is nie weg maar definitief ook nie blindelings nie.
5. Eks klein bietjie bang om my eie kinders eendag hoërskool toe te stuur, maar gesinne wat tyd saam spandeer en moeite met mekaar maak se tieners is definitief beter equiped om die challenges (soortvan gepas) te face.
6. Ek dink ek moet maar vir nog rukkie langer die jeugdominee bly.