Sluit aan by ‘n Kleingroep!
Wil jy graag jou geloofsreis met ander mense deel? Het jy ‘n behoefte om saam met ander gelowiges te kuier, Bybel te lees en te bid? Indien wel, is ‘n kleingroep dalk net die ding vir jou.
Soos die Vader, Seun en Gees in verhouding met mekaar is, glo ons moet mense ook in verhouding met mekaar wees. Op hierdie manier ervaar mense geborgenheid, aanvaarding, vriendskap.
Kleingroepe bestaan gewoonlik uit ses tot twaalf lede wat weekliks bymekaarkom. Dit verskil egter in grootte, ouderdom, samestelling en werkswyse. Vul gerus die vorm hieronder in om ons te help om jou by die regte groep te plaas.
Vul hierdie vorm in om by ‘n kleingroep in te skakel: