Hierdie kerklike jaar volg ons die storielyn van die Markus-evangelie.
Dit is die kortste en die oudste van die vier evangelies.
In vergelyking met Matteus en Lukas, met hulle geboorteverhale en lang lerende gedeeltes, of die Johannes-evangelie met sy ryk simboliek, het Markus ʼn gestroopte gevoel en ʼn vinnige pas.
Die effek hiervan is ʼn meer intense fokus op Jesus, die hoofkarakter wat dadelik op die toneel verskyn. Geen inleiding of geslagsregister, geen teologiese verduidelikings – net: hier is die gesalfde, die Heilige van God.
Nick Cave, die beroemde Australiese Rock-musikant, skryf boeiend oor die Markus-evangelie. Van Markus se styl sê hy die volgende:
“[Mark tells the story of Christ’s life] with such breathless insistence, such compulsive narrative intensity, that one is reminded of a child recounting some amazing tale, piling fact upon fact, as if the whole world depended on it, which of course, to Mark, it did. ‘Straightaway’ and ‘immediately’ link one event to another, everyone ‘runs’, ‘shouts’, is ‘amazed’, inflaming Christ’s mission with a dazzling urgency.”
En dit is so. Markus beweeg van een episode na ʼn volgende soos ʼn opgewonde kindjie wat hul storie nie vinnig genoeg kan vertel nie: “en toe … en toe … en toe . . . ”
En so word ʼn gans–nuwe wêreld ingehuldig; en aan die hart van hierdie wêreld staan ʼn ongetemde Jesus met die gesag om alles en almal te verander – in die hemel en op aarde en in die hel.
Dit laat my dink aan CS Lewis se leeu in sy Narnia-reeks: He is not a tame lion, you know.
Dit is juis waaroor vanoggend se teksgedeelte gaan: Jesus se gesag en sy ongetemde krag.
***
“Hulle was verwonderd oor sy onderrig,” hoor ons, “want Hy het hulle geleer soos iemand wat gesag het en nie soos die skrifkenners nie.”
Dit laat mens wonder, wat was dit in Jesus se onderrig wat dit so gesaghebbend gemaak het?
Hoe was Jesus se onderrig anders as die van die skrifkenners?
In ons studentedae, was daar een vak waaroor Erin altyd gekla het: English literature. Dit was onmoontlik om agter die kap van die byl te kom. Tut-klasse was vir bespreking. Of dit nou Shakespeare of JM Coetzee was… sou die tutors die gesprek inlei met ʼn vraag soos: wat simboliseer die stomp byl wat in die openingstoneel op die boekrak lê? Of op watter manier is die hoofkarakter se moeder ʼn uitbeelding van die skrywer se verhouding met sy ma?
Af-en-toe sou Erin dit waag om ʼn antwoord te bied, maar haar antwoorde het nooit die tutor se guns weggedra nie: mmm… enige iemand anders? Sou hy of sy sê. Die interpretasiemoontlikhede was so legio en die kriteria so vaag en subjektief dat mens heeltyd in die donker was. En al sê hulle daar is geen verkeerde antwoord nie; as dit by die eksamens gekom het, was daar duidelik ʼn regte antwoord: nl. die tutor wat die vraestel merk se eie opinie.
Maar verbeel jou dat sy eendag by die klas opgedaag het en in plaas van haar pretensieuse tutor, was JM Coetzee self daar om die klas aan te bied…
Soos die mense in die sinagoge, sou Erin en haar klasmaats verwonderd gewees het oor sy onderrig. Iemand sou dalk gesê het: “hy leer met gesag en nie soos die tutors nie.”
Toe Jesus die skrifte uitgelê het, dink ek dit was amper so: Sonder pretensie en eg. Wat hy sê, klop met wie hy is, klop met hoe hy maak, klop met wat hy doen.
Want in elke ontmoeting met Jesus, ontdek ons nie net die Bybel nie, maar die God van die Bybel.
Jesus is God se eie gesaghebbende interpretasie van die Bybel. God se ‘authorized biogrophy’, of selfs beter, God se autobiografie.
En daarom kan ons van al óns interpretasies van die Bybel vra: sou Jesus ‘amen’ gesê het oor hierdie interpretasie?
Dit is ons kriteria: sou Jesus ‘amen’ kon gesê het van hierdie interpretasie?
***
Ware gesag word nie afgedwing nie.
Maar waar geloofwaardigheid ontbreek
maak mense staat op eksterne vorme van mag
om hulle gesag kunsmatig op te stut.
Pretensie, leuens, manipulasie, opswepery, dreigemente, vrees…
Dit doen Jesus juis nié. Nooit beroep Jesus hom op titels of op mag om sy boodskap te staaf nie.
Wanneer die onrein gees hom erken as die Heilige van God maak Jesus hom onmiddellik stil; en wanneer ook al Jesus ʼn wonder verrig, beveel Jesus dat mense daaroor moet swyg. Altyd is dit vir Jesus belangriker dat mense in ʼn atmosfeer van vryheid tot ʼn verhouding van ware vertroue in hom groei – sonder manipulasie of dwang.
***
Voordat ons verder gaan, laat ons eers iets sê oor hoe ons hierdie verwysing van ʼn ‘onrein gees’ moet verstaan.
Sommige Bybeluitleggers meen dat onrein of bose geeste in die Nuwe Testament ʼn pre-moderne manier was om te verwys na wat ons vandag baie beter in psigiatriese of mediese terme kan beskryf as geestessiektes of breintoestande (soos byvoorbeeld, skisofrenie of epilepsie).
Ander dring daarop aan dat die onrein geeste kwaadwillige geestelike wesens was wat mensesiele in besit kan neem.
Nog ander meen dat ons hierdie verwysings in die Nuwe Testament metafories moet verstaan as enige van vele geestelike werklikhede wat ons indiwiduele en gemeenskaplike lewens kan beset – van magte soos haat, gierigheid, vrees of sinisme, tot patriargie, xenofobie of nasionalisme, van slawerny tot verslawing, noem maar op.
Hoe ook al ʼn mens hierdie term verstaan, is die belangrikste – dink ek – om die mens agter die kondisie met empatie en deernis raak te sien.
Wat ʼn mens onmiddellik opval is hoe uiters verniel die man was. Die bose gees het sy liggaam en siel afgetakel. Hierdie man moes al te gewoond gewees het om deur ander gevrees en verstoot te word. Self moes hy ook pynlik bewus gewees het van sy eie onvermoë om altyd beheer te hê oor sy gedagtes, emosies en gedrag. Hy was duidelik oorweldig deur kragtige impulse buite sy beheer.
Wat belangrik is, volgens Markus, is dat die man nie meer ʼn stem van sy eie gehad het nie. Die gees het vir hom gepraat.
My hoop is dat ons almal, op een of ander manier met hierdie man kan identifiseer, want dalkwas ons almal al oorweldig deur iets of iemand wat sterker is as ons, dalk het ons almal al ervaar hoe ons stem van ons af weggeneem is, hoe ons vryheid van spraak of beweging ingeperk is…
Om vervreemd te raak van jou eie liggaam,
geïsoleerd van jou gemeenskap,
sonder waarde in jou eie oë…
…is dit nie deel van die ellende wat alle mense kan oorkom nie?
…is dit nie iets wat ons almal al in een of ander vorm of graad beleef het nie?
En is ons wêreld nie vol van sisteme en ideologieë wat sommer hele groepe mense op ʼn sistemiese manier so aftakel en verniel nie?
***
Dis juis hier waar nog ʼn aspek van Jesus se gesaghebbende onderrig duidelik word: Jesus bevry. Jesus Jesus verlos. Jesus skenk lewe. Jesus maak heel. Jesus sluit in.
Wanneer Jesus onderrig, dra hy nie net inligting oor nie. Jesus se woordebewerk ʼn nuwe realiteit. Hy skep nuwe lewensmoontlikhede.
Dis hoekom die onrein gees hom nie kon verdra nie. “Los ons uit Jesus van Nasaret! Het U gekom om ons te vernietig?”
Wanneer Jesus die gees tot swye roepen dit beveel om uit die man uit te gaan, sien ons die lewegewende krag van Jesus se gesag.
Ons sien die wil van God vir alle mense:
dat ons vry sal wees,
en ʼn stem sal hê,
gesond, gesien engeag.
Dat ons in die mag van geenander gees sal wees nie
asdie Heilige Gees–
en daarom vry.
Dít is die goeie nuus van hierdie verhaal:
dat ons nooit enige twyfel mag hê
oor waar God teenoor ons staan
ellende en verknegtheid nie;
dat ons wakker sal word
tot die bevryding wat ʼn verhouding
met Jesus moontlik maak;
en dat ons wat Jesus volg ook
in diens sal staan van vryheid,
ʼn vryheid wat op Jesus se gesag geskoei is
en nie op ons eie mag
of magteloosheid nie.
***
Ter afsluiting wil ek iets sê oor die innerlike stryd wat dikwels bevryding en verlossing vergesel.
Ons sien dat die onrein gees nie sonder weerstand gaan lê nie.
Ons weet dit ook al te goed uit ons eie ervaring.
Enige iemand wat al ooit geworstel het met een of ander verslawing sal vir jou sal kan sê: bevryding kom beswaarlik sonder ʼn innerlike stryd.
Die teoloog Debbie Thomas skryf treffend hieroor:
“Sometimes our ‘unclean spirits’ take up residence in our holy places. That is, we carry our destructive habits and tendencies right into our churches, our friendships, our families, and our workplaces. Sometimes our demons – our fears, our addictions, our sins, and our compulsions – recognize Jesus first because they know that an encounter with him will change everything. So they make us recoil as soon as he shows up in the guise of a loving friend, or a provocative sermon, or a pricked conscience. Sometimes our lives actually get harder when we move towards faith and healing, because unclean spirits always fight the hardest when their time is up.”
Ons dra ons slegte gewoontes en coping mechanisms, ons vrese en verslawings in ons heilige plekke in.
Nie net ons kerke nie, maar ook ons vriendskappe, ons families, ons werksplekke.
En wanneer Jesus dan daar opdaag as die Heilige van God – om ons weer vry te maak vir God –
is dit ons onrein geeste wat hom die eerste raaksien
en dadelik op die verdediging gaan.
‘… because unclean spirits fight the hardest when their time is up.’
Wat is dit wat jou in hierdie dae verkneg?
Wat neem jou hart en jou gedagtes in beset?
Wat verniel jou; isoleer jou; verkleineer jou?
Ek wil jou uitnooi om in Jesus se genadige teenwoordigheid dit aan jouself te erken;
en as daar iemand is wat jy kan vertrou,
om dit mettertyd ook met hulle te deel.
Makliker gesê as gedaan,
maar soms is die eerste tree tot verlossing
om ons ‘demone’ op hul naam te kan noem.
Die goeie nuus is dat Jesus nie soos een van daai pretensieuse tutors is by wie jy jouself heeltyd hoef te betwyfel nie.
Hy is die Seun van God. Hy ken Gód se hart en joune en daarom is hy geloofwaardig.
Hier by ons is Een wat ons raaksien,
Een wat ons ken en liefhet,
Een met ware gesag.
He is not a tame lion, you know.
Glo dit en mag jy ook in hierdie dae verwonderd en verbaas wees.
Gebed
O God who gave us life,
and in whose arms we die,
you know us as we are,
understand what we have been
and see what we shall become.
We give you back our lives
that you may make them new.