Scroll Top

Nat-agter-die-ore Christene (Lydenstyd 2023)

D

Die uitdrukking ‘nat agter die ore’ verwys na iemand wat jonk en onervare is. Dit word gewoonlik gebruik om iemand in hul plek te sit. Die oorsprong hiervan lê glo in die volkswysheid dat die vel agter ʼn baba se oortjies vir die langste tyd so vogtig bly soos toe die baba pas uit die moederlyf met die droë buitelug kennis gemaak het.

Met ʼn bietjie verbeelding kan hierdie uitdrukking egter ook verwys na die lewe van gedooptes. Die doop getuig dat ons uit God se Gees nuut gebore is en daagliks opgewek word tot nuwe lewe. Gedooptes is nat-agter-die-ore-kinders-van-God, gevul met hoop en nuwe moontlikhede. Ons het ook ʼn roeping om ‘nat’ te leef, so asof die doopwaters nog om ons op die vloer drup en God se liefdesverklaring steeds om ons weergalm: “Jy is my geliefde kind in wie ek my verheug!” Dan beteken nat-agter-die-ore nie “ken jou plek!” nie, maar “jy het ʼn plek!”

Hierdie jaar se Lydenstyd-kursus gaan fokus op die rykdom van gawes en beloftes wat in ons doop opgesluit is en hoe ons daagliks krag en troos daaruit kan put. Die kursus strek oor vier Donderdagaande (3, 9, 16 en 23 Maart) van 19:00-20:30. Dit is oop vir almal in en buite die gemeente.

Skryf hier in of na die erediens – daar is ʼn lys by die deur en by die tee/koffie.