Al vier ons steeds die klein sakramente van die daaglikse lewe, kan ons ook weer begin uitsien na fisiese byeenkomste saam as gelowiges.
Hier is die beplande byeenkomste waarna jy in Oktober en November 2020 kan uitsien:
Onderskei asseblief biddend en met wysheid of jy gereed is om ‘n byeenkoms by te woon. Aanlyn eredienste sal steeds beskikbaar gemaak word.
4 Oktober om 09:30 | Erediens in ons kerkgebou
Maksimum 50 mense. Laat weet asb. per WhatsApp of epos (info@pinelandsgemeente.co.za) as jy die diens wil bywoon. Daag asb. 15 min voor die diens op. Die dra van gesigsmaskers en fisiese afstanddoening geld vir die hele diens. Pare of gesinne mag saam sit. Geen tee na die diens nie. Persone met griepsimptome of wat a.g.v. hul mediese geskiedenis ekstra risiko loop m.b.t. COVID-19 moet asb. tuis bly.
4 Oktober om 14:00 | Sentraalplein Skoonmaak op Franciskus-Dag
Geïnspireer deur Franciskus van Assisi, gaan die vier Pinelands-kerke wat rondom Sentraalplein geleë is Sondag om 14:00 ontmoet om die Plein te help skoonmaak. ʼn Kort seëngebed sal om 15:00 uitgespreek word. Dra asseblief ʼn gesigmasker en handhaaf fisiese afstand. Bring handskoene, water en tuisgereedskap vir die onkruid.
11 Oktober | KinderKasteel byeenkoms vir ouers en kinders
Geen diens in die kerkgebou nie. Besonderhede sal deurgegee word.
18 Oktober om 09:30 | Erediens in ons kerkgebou
Maksimum 50 mense. Laat weet asb. per WhatsApp of epos (info@pinelandsgemeente.co.za) as jy die diens wil bywoon. Daag asb. 15 min voor die diens op. Die dra van gesigsmaskers en fisiese afstanddoening geld vir die hele diens. Pare of gesinne mag saam sit. Geen tee na die diens nie. Persone met griepsimptome of wat a.g.v. hul mediese geskiedenis ekstra risiko loop m.b.t. COVID-19 moet asb. tuis bly.
25 Oktober | KinderKasteel byeenkoms vir ouers en kinders
Geen diens in die kerkgebou nie. Besonderhede sal deurgegee word.
1 November | Buitelug Dankfees Piekniek Diens
Ons hou saam dankfees en vier ʼn piekniek-nagmaal saam. Besonderhede sal deurgegee word.