Scroll Top

Nuwe lidmate

Wat beteken lidmaatskap van Pinelands Gemeente?

Ons visie is om Jesus se droom vir die wêreld te beliggaam

  • as ʼn baken van hoop wat saam met God droom,
  • as ʼn leergemeenskap wat dieper dink oor die lewe,
  • as ʼn beweging van liefde wat God en ons naaste dien.

Ons verstaan lidmaatskap nie as ʼn bloot formele of historiese verbintenis aan die NG Kerk nie, of omdat ek by ʼn bepaalde adres woon nie. Ons verstaan lidmaatskap eerder as ʼn keuse wat ek maak om my geloof en roeping deur hierdie gemeente uit te leef. Dit is ʼn verbintenis wat ek maak om betrokke te wees in die gemeente en om my diensbaarheid aan die Here in die gemeente in die samelewing uit te leef.

Kliek hier om die vorm vir die besonderhede van nuwe lidmate af te laai.