Waarom glo jy?
Miskien is geloof vir jou so vanselfsprekend dat die waarom vraag nie eers by jou opkom nie. Jy glo, en dit is dit… Of dalk glo jy eintlik nie meer nie, of ten minste nie soos jy dalk voorheen geglo het nie, maar iets bring jou nog hier, nuuskierigheid dalk, of ʼn soeke na iets meer… Of dalk glo jy, maar met baie vrae en onsekerhede.
Met dié reeks van 7 weke gaan ons op reis met temas uit Andries Cilliers se pragtige nuwe boek, “Onder die blaredak: Verwonderd oor die gawe om te kan glo.” Saam gaan ons op soek na die geloofswortels waaruit ‘n mens kan put in tye van so wel verwondering en vetroue as onsekerheid en ontnugtering.
Hierdie eerste insetsel is inleidend tot die reeks en fokus op die vraag ‘wat is geloof?’