There are so many beautiful promises in the Bible – of peace, of justice, of healing – that we do not see realised in our lives and in our world.
How do we live with unheard prayers? What do we do with unfulfilled promises? What do we do with dreams deferred?
Koninkrykstyd
Die stories wat Jesus vertel het wou mense anders laat kyk na die wêreld. Daarom neem Sy stories dikwels ‘n onverwagse wending. Daar is ‘n kinkel in die storie – iets wat niemand sien kom het nie.
Wat aangrypend is oor Job se verhaal, is die transformasie wat daar by hom plaasvind. Teen die einde van sy verhaal het hy ‘n heel ander verstaan van God as wat hy aan die begin gehad het.
God kan nie beperk word deur ons idees oor Wie God is, wat God wil hê, óf wat ons graag wil hê God moet doen nie. God kan nie in ‘n gebou of ‘n definisie vasgevang word nie.
Is dit nie ‘n gevoel waarmee ons almal op een of ander manier kan identifiseer nie? Is dit nie woorde wat vandag nog weerklink nie? “Iéts moet verander. Die huidige sisteme en strukture werk nie. Die planne wat is in plek is faal ons.”
Is dit nie wat digkuns en liedere gemaak is om te doen nie: om ons op reis te neem dieper in onsself en ons geloofservaring? Dit help ons om met ons eie gedagtes, gevoelens en ervarings om te gaan. Dit druk waarhede en emosies uit waarmee ons kan vereenselwig.
Dit is belangrik om te onthou, want wanneer ons onthou – wanneer ons onthou wie God is, wie ons is en wie s’n ons is – kan ons hoop.