Scroll Top

Tienerkerk & kategese

Kuier en groei saam voor die Here

 

Tienersel

Gedurende ‘n gewone skoolkwartaal kuier ons tieners op Dinsdagaande om 19:00 by die Groote Kerk se Kerksentrum in die middestad, Kloofstraat 55. Daar is ook ʼn saamry geleentheid vanuit Pinelands/Rondebosch.

Tans, tydens die COVID-19 grendeltyd, is die fisiese byeenkoms vervang deur ‘n weeklikse video-oproep waarin tieners in verskillende ouderdomsgroepe met mekaar kan ontmoet. Ds. Bianca Botha fasiliteer hierdie ontmoetings.

Stuur ‘n epos vir meer inligting.

 

Tienerkamp

Ons kamp ook elke jaar saam met Groote Kerk, Blouberg Gemeente en Maitland Gemeenskapskerk by die NG Kerk se kampterrein in Noordhoek. Die tienerkamp (Gr.7-11) vind gewoonlik in Oktober-maand plaas.

Tiener Kamp, 18-20 Oktober 2019 – Born for such a time as this (Ester)

Ons 2020-kamp is hierdie jaar gekanseleer as gevolg van COVID-19.

Hou hierdie bladsy dop vir 2021 se kampdatums!

 

Belydenisaflegging

Belydenisaflegging vind tipies in Graad 12 plaas. Belangstellendes kan kontak maak met ons predikant om ʼn afspraak te maak vir ʼn informele gesprek.