NG Gemeente Pinelands · Kaapstad

'n Plek waar mense raakgesien en gehoor word. A place where people are seen and heard.

Ons is 'n gemeente in die hart van Pinelands wat saam droom, dieper dink, en hartlik dien. Of jy lankal glo, twyfel, of net nuuskierig is — jy is welkom. We are a congregation in the heart of Pinelands who dream together, think deeply, and serve warmly. Whether you have believed for years, carry doubts, or are simply curious — you are welcome.

ErediensteWorship
Sondae 09:30Goeie Vrydag en Kersfees 09:00Good Friday & Christmas 09:00
WaarWhere
Sentraalplein 5Pinelands, Kaapstad
KindersChildren
KinderKasteelkleuters tot Graad 5toddlers to Grade 5
Wie ons isWho we are

Saam droom, dieper dink, hartlik dien.Dream together, think deeply, serve warmly.

Pinelands Gemeente is sedert 1943 deel van die stad se lewe — 'n klein, lewende gemeente van die NG Kerk waar mense mekaar op die naam ken. Ons is nie 'n plek vir mense wat alles uitgepluis het nie, maar vir gewone mense op pad: hier is vrae welkom. Pinelands Gemeente has been part of the city's life since 1943 — a small, living congregation of the Dutch Reformed Church (NG Kerk) where people know one another by name. We are not a place for those who have it all figured out, but for ordinary people on the way: here questions are welcome.

Ons probeer 'n geloof leef wat eerlik is oor die lewe se vreugde én sy pyn — een wat dink, wat dien, en wat ruimte maak vir almal. Ons aanbid hoofsaaklik in Afrikaans, maar ons harte en deure is oop vir mense van elke taal en agtergrond. We try to live a faith that is honest about life's joy and its pain — one that thinks, that serves, and that makes room for everyone. We worship mainly in Afrikaans, but our hearts and doors are open to people of every language and background.

Die doopkers word aangesteek tydens 'n doopdiens
Beweging IMovement I

Saam droomDream together

Ons droom saam met God oor wie ons kan word — 'n gemeenskap van hoop wat bly glo dat 'n nuwe wêreld moontlik is.We dream with God about who we might become — a community of hope that still believes a new world is possible.

Beweging IIMovement II

Dieper dinkThink deeply

Ons neem vrae ernstig op. Geloof en denke hoort bymekaar — ons soek 'n eerlike, nadenkende geloof wat nie bang is vir die moeilike vrae nie.We take questions seriously. Faith and thought belong together — we seek an honest, reflective faith that is not afraid of the hard questions.

Beweging IIIMovement III

Hartlik dienServe warmly

Geloof het hande en voete nodig. Ons dien mekaar hartlik — rondom tafels, in die tuin, en oral waar nood is.Faith needs hands and feet. We serve one another warmly — around tables, in the garden, and wherever there is need.

Konneksie is die energie tussen mense wanneer hulle gesien, gehoor en waardeer voel — wanneer hulle kan gee en ontvang sonder oordeel.Connection is the energy that exists between people when they feel seen, heard, and valued — when they can give and receive without judgment.

Brené BrownBrené Brown

Mag die krag van God jou bemagtig en die naaktheid van God jou ontwapen.May the power of God empower you, and the nakedness of God disarm you.

SeënbedeA blessing

Mag die skoonheid van God jou stomslaan en die regverdigheid van God vir jou 'n stem gee.May the beauty of God astound you, and the justice of God give you a voice.

SeënbedeA blessing
Almal welkomAll are welcome

By hierdie tafel is daar plek vir jou.There is room for you at this table.

Ons glo elke mens is na die beeld van God geskep en is onuitspreeklik kosbaar. Daarom is jy hier welkom — wie jy is, wie jy liefhet, en waar jy ook al op jou pad met God is. Jonk en oud, gelowig en twyfelend, van elke kultuur, taal en agtergrond. We believe every person is made in the image of God and is unspeakably precious. So you are welcome here — whoever you are, whoever you love, and wherever you are on your journey with God. Young and old, believing and doubting, from every culture, language and background.

Ons is 'n inklusiewe gemeente. Mense van alle seksuele oriëntasies en geslagsidentiteite is ten volle deel van ons gemeenskap. We are an inclusive congregation. People of all sexual orientations and gender identities are full members of our community.

Kom soos jy is. By hierdie tafel word niemand weggewys nie.Come as you are. No one is turned away from this table.
Brood op 'n tafel met 'n reënboog-tafeldoek en 'n kers
Foto:Photo: @alexasedge
Oop hande tydens 'n seën 'n Kring mense met oop hande
Oop hande — ons seën mekaar en word geseënOpen hands — we bless one another and are blessed  Foto’s:Photos: @alexasedge
Die gemeente in die banke met die kinders voor tydens die erediens Twee lidmate omhels mekaar by die erediens Lofsang met kitaar tydens 'n erediens
Beplan jou besoekPlan your visit

Wat om te verwagWhat to expect

Ons kom elke Sondag om 09:30 bymekaar vir 'n erediens van ongeveer 'n uur — met sang, gebed, en 'n preek wat probeer eerlik met die lewe en die Skrif omgaan. Daarna drink ons saam tee en koffie; bly gerus en kuier. Een keer 'n maand vier ons nagmaal saam. We gather every Sunday at 09:30 for a service of about an hour — with singing, prayer, and a sermon that tries to deal honestly with life and Scripture. Afterwards we share tea and coffee; please stay and visit. Once a month we celebrate communion together.

Daar is geen kleredragkode nie — kom net soos jy is. Jy hoef niks vooraf te weet of saam te bring nie. Sit gerus agter en kyk dinge uit, of kom groet ons by die deur; ons sien uit om jou te ontmoet. There is no dress code — simply come as you are. You don't need to know anything beforehand or bring anything along. Feel free to sit at the back and take things in, or come greet us at the door; we look forward to meeting you.

🕤

TydTime

Elke Sondag 09:30 (±1 uur), met tee & koffie daarna.Every Sunday at 09:30 (±1 hour), with tea & coffee afterwards.

📍

PlekPlace

Sentraalplein 5, Pinelands, Kaapstad. Maklik om te kry, met parkering naby.Sentraalplein 5, Pinelands, Cape Town. Easy to find, with parking nearby.

🧒

KindersChildren

Kinders is baie welkom. Elke diens begin met 'n kindermoment, en elke Sondag van die skoolkwartaal is daar KinderKasteel tydens die diens — kinderkerk vir kleuters tot Graad 5.Children are very welcome. Every service begins with a children's moment, and every Sunday of the school term there is KinderKasteel during the service — children's church for toddlers to Grade 5.

🗣️

TaalLanguage

Ons eredienste is veeltalig, maar hoofsaaklik Afrikaans. Die preek word egter in Engels vertaal — om te lees of om te luister. Dui asseblief aan as iemand saam met jou nie Afrikaans verstaan nie.Our services are multilingual but mainly in Afrikaans. The sermon, however, is translated into English — to read or to listen to. Please indicate if you don't understand Afrikaans and we will help you with a translation.

DaarnaAfterwards

Ons kuier saam tot omtrent 11:30 — 'n goeie kans om mense te leer ken.We linger together until around 11:30 — a good chance to get to know people.

ToeganklikAccessible

Die kerk is op grondvlak en toeganklik. Laat weet ons as ons kan help.The church is on ground level and accessible. Let us know how we can help.

Mag God se integriteit jou vashou en God se verlange jou aanroer.May the integrity of God hold you, and the longing of God stir you.

SeënbedeA blessing

Mag jou ontsag vir God jou blootstel aan die waarheid.May your awe of God expose you to the truth.

SeënbedeA blessing

Mag die Gees van God jou opwek tot nuwe lewe.May the Spirit of God raise you to new life.

SeënbedeA blessing
Kinders verf en teken om 'n tafel by KinderKasteel
KindersChildren

KinderKasteel

Kinderkerk vir kleuters tot Graad 5 — elke Sondag van die skoolkwartaal, tydens die erediens. Kinders is deel van die gemeente se hart.Children's church for toddlers to Grade 5 — every Sunday of the school term, during the service. Children are part of the heart of this congregation.

Tieners vier nagmaal buite in 'n kring op die gras
TienersTeens

Hartklop

Vir tieners (12–18) — ons span saam met Groote Kerk: Sondagaande om 18:00 by Kloofstraat 55 in die stad. Doen navraag oor die saamrygeleentheid van Pinelands.For teens (12–18) — we partner with Groote Kerk: Sunday evenings at 18:00 at 55 Kloof Street in town. Ask us about the lift club from Pinelands.

Eredienste & prekeServices & sermons

Preke om na te luister en te leesSermons to listen to and read

Elke Sondag probeer ons eerlik met die lewe en die Skrif omgaan — sonder maklike antwoorde, met ruimte vir vrae. Die preek is nie 'n lesing nie, maar 'n gesprek met die Woord wat by die week se lief en leed begin. Every Sunday we try to engage honestly with life and Scripture — without easy answers, with room for questions. The sermon is not a lecture but a conversation with the Word that begins with the week's joys and sorrows.

Al ons onlangse preke — om na te luister of rustig te lees — is beskikbaar op ons Metgesel-app. Daar sal jy ook weeklikse begeleiding vir stilword en konneksie vind. Dit werk op enige foon of rekenaar en is maklik om te installeer. All our recent sermons — to listen to or read at leisure — are available on our Metgesel app ("Companion"). There you will also find weekly guidance for stillness and connection. It works on any phone or computer and is easy to install.

QR-kode na die Metgesel-app
Skandeer met jou foon om Metgesel oop te maakScan with your phone to open Metgesel
'n Jong vrou sing tydens 'n erediens Lidmate gesels en lag saam in die kerkbanke
Sang en lag — Sondae by PinelandsSong and laughter — Sundays at Pinelands
Wat's aanWhat's on

Die lewe van die gemeenteThe life of the congregation

Daar is gereeld iets aan die gang — van weeklikse byeenkomste tot konserte en groot oomblikke in mense se lewens. Hier is 'n oorsig. There is regularly something going on — from weekly gatherings to concerts and the big moments in people's lives. Here is an overview.

Musiek-uitvoering in die kerk

Musiek & konserteMusic & concerts

Ons kerk se mooi akoestiek en intieme ruimte maak dit 'n geliefde plek vir konserte en musiekaande.Our church's fine acoustics and intimate space make it a much-loved venue for concerts and music evenings.

Die saal vol mense by 'n markdag

Saam kuierFellowship

Van tee na die diens tot etes en geselligheid — baie van ons lewe saam gebeur om 'n tafel, met kos en gesprek.From tea after the service to meals and gatherings — much of our life together happens around a table, with food and conversation.

Gesinne by die doopvont tydens 'n doopdiens

Groot oomblikkeLife's big moments

Doop, belydenis, troues en afskeide — ons deel in mekaar se vreugde en verdriet. Wil jy by ons trou of jou kind laat doop? Kontak ons gerus.Baptisms, confirmations, weddings and farewells — we share in one another's joy and grief. Would you like to marry here or have your child baptised? Do get in touch.

Mense kuier saam om 'n gedekte tafel Die kerk vol mense wat mekaar groet Drie vroue verkoop skons by die mark Die predikant groet kinders in die banke 'n Troue in 'n tuin 'n Egpaar op hul troudag Kinders by die kersspel in die kerk 'n Doopdiens

Vir die nuutste gebeure en aankondigings, volg ons op Facebook en Instagram, of kontak die kerkkantoor. For the latest events and announcements, follow us on Facebook and Instagram or contact the church office.

Uitreik & gemeenskapOutreach & community

Geloof met hande en voeteFaith with hands and feet

Ons geloof bly nie binne die kerk se mure nie. Saam met vennote in en om Pinelands probeer ons 'n verskil maak waar dit saak maak. Our faith does not stay within the church walls. Together with partners in and around Pinelands, we try to make a difference where it matters.

Die Helpende Hande-span saam by die sopkombuis

Helpende Hande

Ons help-bediening leen 'n hand waar daar nood is — kos, omgee en praktiese ondersteuning vir mense in en om ons gemeenskap.Our helping ministry lends a hand where there is need — food, care and practical support for people in and around our community.

Siyafunda

Die Siyafunda-beursfonds help jong mense om hul opvoeding te voltooi — 'n belegging in hoop, een student op 'n keer.The Siyafunda bursary fund helps young people complete their education — an investment in hope, one student at a time.

Mense werk saam in die tuin

Tuin & omgee vir die skeppingGarden & care for creation

Ons tuingroep werk saam aan 'n stukkie grond — 'n eenvoudige manier om vir die skepping én vir mekaar te sorg.Our garden group works a patch of ground together — a simple way of caring for creation and for one another.

OndersteunSupport

Ondersteun ons werkSupport our work

Dankoffers en bydraes maak ons werk moontlik — van die erediens en KinderKasteel tot Helpende Hande en Siyafunda. Baie dankie vir elke bydrae, groot of klein. Offerings and contributions make our work possible — from the worship service and KinderKasteel to Helpende Hande and Siyafunda. Thank you for every contribution, large or small.

BankbesonderhedeBanking details

NG Kerk Pinelands
ABSA TjekrekeningCurrent account: 370 580 081
TakkodeBranch code: 632 005

Gebruik asseblief 'kollekte', 'dankoffer', 'maandbydrae' of die projeknaam (bv. Helpende Hande, Siyafunda) as verwysing. Please use 'kollekte' (collection), 'dankoffer' (offering), 'maandbydrae' (monthly contribution) or the project name (e.g. Helpende Hande, Siyafunda) as reference.

SnapScan QR-kode
Skandeer met SnapScan om by te draScan with SnapScan to contribute

Mag die Here jou seën en jou beskerm; mag die Here sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; mag die Here sy aangesig na jou toe oplig en jou vrede gee.May the Lord bless you and keep you; may the Lord make his face shine on you and be gracious to you; may the Lord lift up his face toward you and give you peace.

Numeri 6:24–26 · Die Priesterlike SeënNumbers 6:24–26 · The Priestly Blessing
KontakContact

Kom kuier — ons sien uit na jouCome visit — we look forward to meeting you

Waar ons isWhere to find us

Pinelands Gemeente (NG Kerk)
Sentraalplein 5, Pinelands
Kaapstad, 7405

EredienstyeService times

Elke Sondag om 09:30
Goeie Vrydag en Kersfees om 09:00
Every Sunday at 09:30
Good Friday and Christmas at 09:00

E-pos / Email

info@pinelandsgemeente.co.za
Predikant: Minister: helgard@pinelandsgemeente.co.za

TelefoonPhone

021 531 2401 (kerkkantoorchurch office)
Kantoorure: Wo 13:00–15:00 · Do–Vr 09:00–12:00Office hours: Wed 13:00–15:00 · Thu–Fri 09:00–12:00

WhatsApp

079 520 5563 (predikant — stuur gerus 'n boodskapminister — feel free to send a message)

Sosiale media & lidmateSocial & members

Facebook · /PinelandsGemeente
Instagram · @pinelandsgemeente
Lidmate: Members: die Metgesel-app